Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring – 1990 | Desember 1
    • The Kingdom Interlinear Translation of the Greek Scriptures toon dat froʹne·ma vier maal in Romeine 8:6, 7, 27 voorkom en dat sy letterlike betekenis deurgaans “bedink” (Engels, “minding”) is. Grekiste Bauer, Arndt en Gingrich verduidelik froʹne·ma as: ‘denkwyse, geestesgesteldheid, doelstelling, begeerte, strewe’.—A Greek-English Lexicon of the New Testament and Other Early Christian Literature.

  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring – 1990 | Desember 1
    • Daarteenoor praat vers 27 van God self. Ons lees: “Tog weet hy [Jehovah] wat die harte deursoek, wat die bedoeling van die Gees is, want hy pleit in ooreenstemming met God vir heiliges” (NW). Ja, die “hy” wat hier genoem word, is Jehovah, die Hoorder van die gebed.

      Die woord froʹne·ma kon in vers 27 as “bedink” (Engels, “minding”) vertaal word. Maar heilige gees is nie ’n persoon wat werklik dink of sy eie denkwyse het nie. Die gees is die werkende krag van God, wat weet hoe sy heilige gees werk om sy wil uit te voer. Daarbenewens verskil die gedagte van hierdie vers van dié van Romeine 8:6, 7. Daardie vroeëre verse het beklemtoon hoe nodig dit is dat mense hulle gedagtes en dade beheers. Maar Jehovah hoef nie te werk, of te sukkel, om homself te beheers nie. Hy weet wat onder inspirasie in die Bybel opgeteken is, soos Bybelse uitdrukkings wat sy wil vir sy aardse knegte toon. Dr. Heinrich Meyer lewer die volgende kommentaar op Romeine 8:27: “God sou in elke geval weet wat die doel van die Gees is.”

      Gevolglik is die vertaling “bedoeling” in ooreenstemming met die konteks of strekking van Romeine 8:27, en dit word deur die Grieks toegelaat. The Translator’s New Testament gee dit soos volg weer: “Hy wat harte deursoek, weet wat die Gees beteken.”

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel