Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Wat ons uit God se toelating van goddeloosheid leer
    Aanbid die enigste ware God
    • 8. Watter faktore spoor Paulus ons aan om te oorweeg?

      8 In sy brief aan die Romeine opper die apostel Paulus die vraag: “Is daar onregverdigheid by God?” Hy antwoord met nadruk: “Mag dit nooit die geval word nie!” Dan beklemtoon hy God se barmhartigheid en verwys hy na wat Jehovah gesê het oor die rede waarom hy Farao ’n ruk langer laat leef het. Paulus toon ook dat ons as mense soos klei in die hande van ’n pottebakker is. Dan sê hy: “As God dan nou, hoewel hy sy gramskap wil toon en sy krag bekend wil maak, voorwerpe van gramskap, wat vir vernietiging geskik gemaak is, met groot lankmoedigheid geduld het, sodat hy die rykdom van sy heerlikheid oor voorwerpe van barmhartigheid bekend kon maak, wat hy vooraf berei het vir heerlikheid, naamlik ons, wat hy nie net uit die Jode nie maar ook uit die nasies geroep het, wat daarvan?”—Romeine 9:14-24.

  • Wat ons uit God se toelating van goddeloosheid leer
    Aanbid die enigste ware God
    • 10. Waarom het Jehovah die goddeloses die afgelope 1 900 jaar geduld?

      10 Gedurende die meer as 1 900 jaar sedert Jesus se opstanding het Jehovah die “voorwerpe van gramskap” verder geduld en hulle nie vernietig nie. Waarom nie? In die eerste plek omdat hy dié voorberei het wat saam met Jesus Christus in sy hemelse Koninkryk gaan wees. Daar is 144 000 van hulle, en hulle is die “voorwerpe van barmhartigheid” waarvan die apostel Paulus gepraat het. Eerstens is individue uit die Jode genooi om hierdie hemelse klas uit te maak. Later het God mense van die nie-Joodse nasies genooi. Jehovah het nie een van hulle gedwing om hom te dien nie. Maar hy het aan party van diegene wat met waardering op sy liefdevolle voorsienings gereageer het, die voorreg gegee om medeheersers met sy Seun in die hemelse Koninkryk te wees. Die voorbereiding van daardie hemelse klas is nou byna afgehandel.—Lukas 22:29; Openbaring 14:1-4.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel