-
Dissipline wat ’n vredevolle vrug kan lewerDie Wagtoring – 1988 | April 15
-
-
5, 6. (a) Watter wyse raad het ons oor hoe om diegene te behandel wat ernstige sondes begaan en onberouvol is? (Mattheüs 18:17). (b) Voor watter vrae kom ons te staan?
5 Toe ’n man in Korinthe hom aan onsedelikheid skuldig gemaak het en onberouvol was, het Paulus vir die gemeente gesê: “[Moenie omgaan] met iemand wat, al staan hy as ’n broeder bekend, ’n hoereerder is of ’n gierigaard of ’n afgodedienaar of ’n kwaadspreker of ’n dronkaard of ’n rower nie; met so iemand moet julle selfs nie saam eet nie” (1 Korinthiërs 5:11-13). Dieselfde moes vir afvalliges, soos Himeneüs, geld: “Aan ’n man wat partyskap verwek [“’n sekte bevorder”, NW], moet jy jou onttrek ná die eerste en tweede vermaning, wetende dat so iemand op ’n verkeerde pad is en sonde doen” (Titus 3:10, 11; 1 Timotheüs 1:19, 20). Hierdie vermyding sou ook gepas wees vir enigiemand wat die gemeente verwerp: “Hulle het van ons uitgegaan, maar hulle was nie van ons nie; want as hulle van ons was, sou hulle by ons gebly het; maar dit moes aan die lig kom dat hulle nie almal van ons is nie.”—1 Johannes 2:18, 19.
-
-
Dissipline wat ’n vredevolle vrug kan lewerDie Wagtoring – 1988 | April 15
-
-
Moet hy heeltemal afgesny word?
7. Hoe sal ons gedrag ten opsigte van twee klasse sondaars verskil?
7 Christene hou hulle nie afsydig van mense nie. Ons het normale kontak met bure, medewerkers, skoolmaats en ander, en getuig vir hulle al is sommige ‘hoereerders, gierigaards, rowers of afgodedienaars’. Paulus het geskryf dat ons hulle nie heeltemal kan vermy nie, ‘want dan sou ons uit die wêreld moes uitgaan’. Maar hy het gewys dat dit anders moes wees met “’n broeder” wat so gelewe het: “[Moenie omgaan] met iemand wat, al staan by as ’n broeder bekend, [weer sulke dinge doen] nie; met so iemand moet julle selfs nie scam eet nie.”—1 Korinthiërs 5:9-11; Markus 2:13-17.
8. Watter raad het die apostel Johannes oor vermyding gegee?
8 In die apostel Johannes se geskrifte vind ons soortgelyke raad wat beklemtoon hoe volkome Christene sulke persone moet vermy: “Elkeen wat ’n oortreder is en nie bly in die leer van Christus nie, hy het God nie. . . . As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie en groet hom nie. Want die een wat hom groet [Grieks, khaiʹro], het gemeenskap aan sy bose werke.”a—2 Johannes 9-11.
9, 10. (a) Wat het met onberouvolle wetsoortreders in Israel gebeur, en waarom? (b) Hoe moet ons voel oor die hedendaagse reëling vir optrede teenoor persone wat weens onberouvolle sonde uitgesit word? (2 Petrus 2:20-22)
9 Waarom is so ’n onversetlike standpunt selfs vandag gepas? Wel, dink terug aan die streng afsnyding wat God se Wet aan Israel vereis het. In verskeie ernstige sake is moedswillige oortreders tereggestel (Levitikus 20:10; Numeri 15:30, 31). Wanneer dit gebeur het, kon ander, selfs familielede, nie meer met die dooie wetsoortreder praat nie (Levitikus 19:1-4; Deuteronomium 13:1-5; 17:1-7). Hoewel lojale Israeliete destyds normale mense was met emosies soos ons s’n, het hulle geweet dat God regverdig en liefdevol is en dat sy Wet hulle sedelike en geestelike reinheid beskerm het. Hulle kon dus aanvaar dat sy reëling om oortreders af te sny in wese goed en reg was.—Job 34:10-12.
10 Ons kan net so seker wees dat God se reëling dat Christene weier om met iemand om te gaan wat weens onberouvolle sonde uitgesit is ’n wyse beskerming is: “Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle ’n nuwe deeg kan wees—soos julle inderdaad ongesuurd is” (1 Korinthiërs 5:7). Deur ook persone te vermy wat hulleself met voorbedagte rade gedissosieer het, word Christene teen moontlike kritiese, ondankbare of selfs afvallige beskouings beskerm.—Hebreërs 12:15, 16.
Wat van familielede?
11, 12. (a) Watter uitwerking het dit op Israelitiese familielede gehad wanneer ’n oortreder afgesny is? (b) Lig die voordele van gehoorsaamheid toe.
11 God besef beslis dat gehoorsaamheid aan sy regverdige wette oor die afsnyding van oortreders dikwels familielede insluit en raak. Soos hierbo gemeld, was familie-omgang nie meer moontlik wanneer ’n Israelitiese oortreder tereggestel is nie. Trouens, as ’n seun ’n dronkaard en ’n vraat was, moes sy ouers hom voor die regters bring, en as hy onberouvol was, moes hulle aan sy regverdige teregstelling deelneem, ‘om die kwaad uit Israel se midde uit te roei’ (Deuteronomium 21:18-21). Jy kan besef dat dit nie vir hulle maklik kon gewees het nie. Stel jou ook voor hoe die oortreder se broers, susters of grootouers gevoel het. Tog kon dit hulle lewe gered het as hulle lojaliteit teenoor hulle regverdige God bo liefde vir die familie gestel het.
12 Dink terug aan die geval van Korag, wat ’n leier was in ’n opstand teen God se leiding deur Moses. Jehovah het in sy volmaakte regverdigheid gesien dat Korag moes sterf. Maar alle lojale persone is aangeraai: “Verwyder julle tog van die tente van hierdie goddelose manne en raak nie aan iets wat aan hulle behoort nie, dat julle nie weens al hulle sondes omkom nie.” Familielede wat nie op God se waarskuwing ag geslaan het nie, het saam met die rebelle gesterf. Maar sommige van Korag se familielede het wyslik gekies om lojaal teenoor Jehovah te wees, en dit het tot die behoud van hulle lewens en tot toekomstige seëninge gelei.—Numeri 16:16-33; 26:9-11; 2 Kronieke 20:19.
13. Hoe sal lojale Christene reageer wanneer ’n naverwant uitgesit word of homself dissosieer?
13 Afsnyding van die Christengemeente beteken nie onmiddellike dood nie, en familiebande duur dus voort. ’n Man wat uitgesit word of homself dissosieer, kan derhalwe steeds by die huis saam met sy Christenvrou en getroue kinders woon. Respek vir God se oordele en die gemeente se optrede sal die vrou en kinders laat besef dat hy deur sy handelwyse die geestelike band wat tussen hulle bestaan het, verbreek het. Maar aangesien sy uitsetting nie hulle bloedverwantskap of huweliksband verbreek het nie, kan hulle normale gesinsliefde en -omgang voortduur.
14. Watter goddelike raad moet ons kontak met ’n uitgesette of gedissosieerde familielid wat nie in die huis woon nie, beïnvloed?
14 Die situasie is anders wanneer die uitgesette of gedissosieerde persoon ’n familielid is wat buite die gesinskring of huis woon. Dit sal dalk moontlik wees om feitlik geen kontak met die familielid te hê nie. Selfs al is daar sommige familiesake wat kontak vereis, moet dit beslis tot ’n minimum beperk word, ooreenkomstig die goddelike beginsel: “[Moenie omgaan] met [enigiemand] wat, al staan hy as ’n broeder bekend, ’n hoereerder is of ’n gierigaard [of aan ’n ander growwe sonde skuldig is] . . . nie; met so iemand moet julle selfs nie saam eet nie.”—1 Korinthiërs 5:11, vgl. NW.
15. Hoe kan familielede in sulke gevalle die invloed van emosies beheers? (Psalm 15:1-5; Markus 10:29, 30)
15 Dit kan begryplikerwys moeilik wees as gevolg van emosies en familiebande, soos grootouers se liefde vir hulle kleinkinders. Tog is dit ’n toets van lojaliteit teenoor God, soos die suster wat op bladsy 26 aangehaal is, gesê het. Enigiemand wat die hartseer en pyn ondervind wat die uitgesette familielid aldus veroorsaak het, kan vertroosting en bemoediging put uit die voorbeeld wat sommige van Korag se familielede gestel het.—Psalm 84:11-13.b
-