Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Moet die huwelik ’n lewenslange verbintenis wees?
    Ontwaak! – 2001 | Februarie 8
    • Efesiërs 4:26: “Laat die son nie ondergaan terwyl julle in ’n ergerlike gemoedstemming is nie.”a Een man wat gelukkig getroud is, glo dat hierdie teks hom en sy vrou help om meningsverskille vinnig op te los. “As jy nie ná ’n meningsverskil aan die slaap kan raak nie, is iets verkeerd. Jy kan nie net die probleem ignoreer nie”, sê hy. Hy en sy vrou het soms tot laat in die nag oor probleme gesels. Dit werk regtig. Hy voeg by: “Die toepassing van Bybelbeginsels het wonderlike resultate tot gevolg.” Deur dit te doen, geniet hierdie man en sy vrou al 42 jaar lank ’n gelukkige huwelik saam.

  • Moet die huwelik ’n lewenslange verbintenis wees?
    Ontwaak! – 2001 | Februarie 8
    • a Volgens die eerste-eeuse tydsbepaling in die Midde-Ooste eindig die dag met sonsondergang. Paulus het derhalwe sy lesers aangespoor om vrede met ander te maak voordat elke dag verby is.

Afrikaanse publikasies (1975-2027)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel