-
Moenie ‘na die dinge kyk wat agter is nie’Die Wagtoring — 2012 | Maart 15
-
-
12. Hoe het Paulus gevoel oor die dinge wat hy agtergelaat het?
12 Die apostel Paulus het baie prysgegee om ’n volgeling van Christus te word (Fil. 3:4-6). Hoe het hy gevoel oor die dinge wat hy agtergelaat het? Hy sê vir ons: “Die dinge wat vir my gewin was, dié het ek weens die Christus as verlies beskou.” En waarom? Hy sê verder: “Ek beskou alles ook inderdaad as verlies weens die oortreffende waarde van die kennis van Christus Jesus, my Here. Weens hom het ek die verlies van alles aanvaar en beskou ek dit as ’n klomp vullis, sodat ek Christus kan wen” (Fil. 3:7, 8).a Net soos iemand wat vullis weggooi, nie later spyt is oor wat hy weggegooi het nie, was Paulus nie spyt oor enige van die sekulêre geleenthede wat hy agtergelaat het nie. Hy het nie meer gevoel dat dit van enige waarde is nie.
13, 14. Hoe kan ons Paulus se voorbeeld volg?
13 Wat sal ons help as ons vind dat ons begin spekuleer oor sogenaamde verlore geleenthede? Volg Paulus se voorbeeld. Hoe? Dink aan hoe waardevol die dinge is wat jy nou het. Jy het ’n kosbare verhouding met Jehovah verkry en ’n rekord van getrouheid by hom opgebou (Heb. 6:10). Watter materiële voordele kan die wêreld bied wat enigsins naby kom aan die geestelike seëninge wat ons nou geniet en in die toekoms sal geniet?—Lees Markus 10:28-30.
-
-
Moenie ‘na die dinge kyk wat agter is nie’Die Wagtoring — 2012 | Maart 15
-
-
a Die woord in die oorspronklike taal wat hier met “vullis” vertaal is, het ook beteken “wat vir die honde gegooi is”, “mis”, “ontlasting”. ’n Bybelgeleerde sê dat Paulus se gebruik van hierdie woord dui op ’n “besliste verwerping van iets wat waardeloos en afskuwelik is en waarmee ’n mens niks meer te doen sal hê nie”.
-