-
Wees toegewend, wees gebalanseerdDie Wagtoring — 2008 | Maart 15
-
-
2 “Laat julle redelikheid [“toegewend(heid)”, Kingdom Interlinear] aan alle mense bekend word”, vermaan die apostel Paulus (Fil. 4:5).a Christus Jesus is Here en Hoof van die Christengemeente (Ef. 5:23). Hoe belangrik is dit tog dat elkeen van ons redelikheid aan die dag lê deur ons aan Christus se leiding te onderwerp en toegewend te wees in ons handelinge met ander mense!
-
-
Wees toegewend, wees gebalanseerdDie Wagtoring — 2008 | Maart 15
-
-
a Die apostel Paulus het ’n woord gebruik wat moeilik is om met ’n enkele Afrikaanse woord weer te gee. ’n Naslaanwerk sê: “Dit behels gewilligheid om ’n mens se persoonlike regte prys te gee en om bedagsaam en sagmoedig teenoor ander te wees.” Die woord beteken dus om toegewend en redelik te wees en nie aan te dring op die toepassing van die letter van die wet of op jou regte nie.
-