Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Die Christen se beskouing van die hoër owerhede
    Die Wagtoring – 1990 | November 1
    • 8 Petrus het ook bevestig dat ons aan die sekulêre owerhede van hierdie wêreld onderworpe moet wees toe hy gesê het: “Onderwerp julle ter wille van die Heer aan elke menslike skepping: hetsy aan ’n koning, as een wat ’n meerdere is, of aan stadhouers, as diegene wat deur hom gestuur is om kwaaddoeners straf toe te dien maar die wat goed doen te loof” (1 Petrus 2:13, 14, NW). In harmonie hiermee sal Christene ook ag slaan op Paulus se vermaning aan Timotheüs: “In die eerste plek vermaan ek dan dat smekinge, gebede, voorbedes, danksegginge gedoen moet word vir alle mense; vir konings en almal wat hooggeplaas is, sodat ons ’n rustige en stil lewe kan lei in alle godsvrug en waardigheid.”b—1 Timotheüs 2:1, 2.

  • Die Christen se beskouing van die hoër owerhede
    Die Wagtoring – 1990 | November 1
    • b Die Griekse naamwoord wat as “hooggeplaas” vertaal word, hu·pe·ro·kheʹ, is verwant aan die werkwoord hu·pe·reʹkho. Die woord “hoër” in “hoër owerhede” word van hierdie selfde Griekse werkwoord afgelei, en dit is bykomende bewys dat die hoër owerhede die sekulêre owerhede is. Die vertaling van Romeine 13:1 in The New English Bible: “Elke mens moet hom aan die oppermagtige owerhede onderwerp”, is dus nie korrek nie. Mense wat “hooggeplaas” is, is nie oppermagtig nie, al is hulle hoër as ander mense.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel