-
“Hou dié in gedagte wat die leiding onder julle neem”Georganiseer om Jehovah se wil te doen
-
-
WAAROM MOET ONS ‘DIÉ IN GEDAGTE HOU WAT DIE LEIDING NEEM’?
9 Daar is baie redes waarom ons ‘dié in gedagte moet hou wat die leiding neem’ en vertroue in hulle moet stel. Watter voordele hou dit in as ons dit doen? Die apostel Paulus het gesê: “Hulle waak oor julle en sal daarvoor aanspreeklik gehou word. As julle dit doen, sal hulle hulle werk met vreugde kan doen sonder om te sug, want anders sal dit vir julle skadelik wees” (Heb. 13:17). Dit is baie belangrik dat ons gehoorsaam en onderdanig is aan die riglyne van dié wat die leiding onder ons neem omdat hulle ons geestelik beskerm en ondersteun.
10 Soos opgeteken in 1 Korintiërs 16:14, het Paulus gesê: “Doen alles wat julle doen met liefde.” Besluite wat vir God se volk gemaak word, is op hierdie verhewe eienskap van liefde gegrond. Eerste Korintiërs 13:4-8 sê die volgende oor liefde: “Liefde is geduldig en goedhartig. Liefde is nie jaloers nie. Dit praat nie groot nie, word nie trots nie, gedra hom nie ongepas nie, soek nie sy eie belang nie, raak nie gou kwaad nie. Dit hou nie boek van slegte dinge wat aan hom gedoen is nie. Dit is nie bly oor onregverdigheid nie, maar is bly saam met die waarheid. Dit verdra alles, glo alles, hoop alles, verduur alles. Liefde faal nooit nie.” Omdat al die besluite op grond van liefde en tot voordeel van Jehovah se knegte gemaak word, het ons alle rede om veilig te voel onder sulke leiding. En dit is eintlik ’n weerspieëling van Jehovah se liefde.
Dit is baie belangrik dat ons onderdanig is aan diegene wat oor ons waak en ons geestelik beskerm
11 Soos in die eerste eeu, gebruik Jehovah onvolmaakte manne om sy volk te lei. Ja, Jehovah het dikwels onvolmaakte mense gebruik om sy wil uit te voer. Noag het ’n ark gebou en gepreek oor die vernietiging wat in sy dag sou kom (Gen. 6:13, 14, 22; 2 Pet. 2:5). Moses is aangestel om Jehovah se volk uit Egipte uit te lei (Eks. 3:10). Onvolmaakte manne is geïnspireer om die Bybel te skryf (2 Tim. 3:16; 2 Pet. 1:21). Die feit dat Jehovah vandag onvolmaakte manne gebruik om die leiding te gee in die predikings- en dissipelmaakwerk, verswak nie ons vertroue in God se organisasie nie. Dit versterk ons eerder omdat ons weet dat alles wat die organisasie bereik, net met Jehovah se hulp moontlik is. Al is die getroue slaaf al deur baie moeilike tye en ander ondervindinge, is dit duidelik dat God se gees in beheer is van sake. Die sigbare deel van Jehovah se organisasie in ons tyd het al baie seëninge ontvang. En daarom ondersteun ons dit ten volle en vertrou ons dit.
-
-
“Hou dié in gedagte wat die leiding onder julle neem”Georganiseer om Jehovah se wil te doen
-
-
14 Ons wys ook dat ons die organisasie vertrou deur hulle besluite te ondersteun. Dit sluit in dat ons nederig die leiding volg van diegene wat in posisies van toesig geplaas is, soos kringopsieners en gemeentelike ouermanne. Hierdie broers word ingesluit by “dié wat die leiding onder [ons] neem”, aan wie ons gehoorsaam en onderdanig moet wees (Heb. 13:7, 17). Al verstaan ons nie heeltemal wat die redes vir sekere besluite is nie, weet ons dat dit altyd vir ons goed sal wees as ons dit ondersteun. Daarom seën Jehovah ons vir ons gehoorsaamheid aan sy Woord en aan sy organisasie. So wys ons dat ons onderdanig is aan die Meester, Jesus Christus.
-