Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Loof Jah vir sy oordele!
    Openbaring—Sy groot klimaks is op hande!
    • 1. Watter woorde hoor Johannes “soos ’n harde stem van ’n groot menigte in die hemel”?

      BABILON DIE GROTE bestaan nie meer nie! Dit is werklik verblydende nuus. Geen wonder dat Johannes vreugdevolle uitroepe van lof in die hemel hoor nie! “Ná hierdie dinge het ek iets gehoor wat soos ’n harde stem van ’n groot menigte in die hemel was. Hulle het gesê: ‘Halleluja!a Die redding en die heerlikheid en die mag behoort aan ons God, want sy oordele is waaragtig en regverdig. Want hy het oordeel voltrek aan die groot hoer wat die aarde met haar hoerery verderf het, en hy het die bloed van sy slawe op haar hand gewreek.’ En dadelik het hulle vir die tweede keer gesê: ‘Halleluja!b En die rook wat van haar kom, bly vir ewig en altyd opstyg.’”—Openbaring 19:1-3.

  • Loof Jah vir sy oordele!
    Openbaring—Sy groot klimaks is op hande!
    • 3. Waarom het die groot hoer haar oordeel dubbel en dwars verdien?

      3 Waarom het die groot hoer hierdie oordeel dubbel en dwars verdien? Volgens die wet wat Jehovah aan Noag—en deur hom aan die hele mensdom—gegee het, vereis die moedswillige vergieting van bloed die doodsvonnis. Dit is in God se Wet aan Israel herhaal (Genesis 9:6; Numeri 35:20, 21). Bowendien het fisiese sowel as geestelike egbreuk volgens daardie Mosaïese Wet die dood verdien (Levitikus 20:10; Deuteronomium 13:1-5). Babilon die Grote is al duisende jare lank bloedskuldig, en sy is ’n skandelike hoer. Die Rooms-Katolieke Kerk se beleid om sy priesters te verbied om te trou, het byvoorbeeld daartoe gelei dat baie van hulle hulle aan growwe onsedelikheid skuldig maak, en heelwat van hulle doen vandag vigs op (1 Korintiërs 6:9, 10; 1 Timoteus 4:1-3). Maar haar grootste sondes, ‘wat tot aan die hemel ophoop’, is haar skokkende dade van geestelike hoerery—deur valshede te verkondig en haarself met verdorwe politici te verbind (Openbaring 18:5). Aangesien haar straf haar uiteindelik ingehaal het, laat die hemelse menigte nou ’n tweede Halleluja hoor.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel