Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Openbaring en jy
    Openbaring—Sy groot klimaks is op hande!
    • 15. Wat beteken Jesus se woorde dat hy “van hierdie dinge getuig” en sy aankondiging: “Ek kom gou”?

      15 Jesus voeg nou ’n laaste aanmoedigende woord by: “Hy wat van hierdie dinge getuig, sê: ‘Ja; ek kom gou’” (Openbaring 22:20a). Jesus is “die getroue en waaragtige getuie” (Openbaring 3:14). As hy van die visioene van Openbaring getuig, moet dit waar wees. Hy sowel as Jehovah God self beklemtoon herhaaldelik dat hulle “gou”, of binnekort, kom, en Jesus sê dit hier vir die vyfde keer (Openbaring 2:16; 3:11; 22:7, 12, 20). Die ‘koms’ is om oordeel te voltrek aan die groot hoer, die politieke “konings” en alle ander wat “die koninkryk van ons Here [Jehovah] en van sy Christus” teëstaan.—Openbaring 11:15; 16:14, 16; 17:1, 12-14.

      16. Wat moet dit jou vaste voorneme wees om te doen, aangesien jy weet dat Jehovah God en Jesus gou kom?

      16 Aangesien jy weet dat Jehovah God en Jesus gou kom, behoort dit jou te beweeg om ‘die teenwoordigheid van die dag van Jehovah goed in gedagte te hou’ (2 Petrus 3:12). Enige oënskynlike stabiliteit van die aarde—Satan se stelsel van dinge—is ’n illusie. Enige oënskynlike sukses wat die hemel—die wêreld se heersers onder Satan—behaal, is kortstondig. Hierdie dinge gaan verby (Openbaring 21:1). Die enigste bestendigheid word gevind in Jehovah, sy Koninkryk onder Jesus Christus en sy beloofde nuwe wêreld. Moet dit nooit uit die oog verloor nie!—1 Johannes 2:15-17.

  • Openbaring en jy
    Openbaring—Sy groot klimaks is op hande!
    • 19. Wat is die bejaarde apostel Johannes se slotwoorde, en hoe reageer jy daarop?

      19 Ons bid dus vurig saam met Johannes: “Amen! Kom, Here Jesus.” En Johannes, die bejaarde apostel, voeg by: “Mag die onverdiende goedhartigheid van die Here Jesus Christus met die heiliges wees” (Openbaring 22:20b, 21). Mag dit ook wees met almal van julle wat hierdie publikasie lees. Mag julle geloof hê dat die groot klimaks van Openbaring op hande is, sodat julle van harte saam met ons kan sê: “Amen!”

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel