-
Is jou naam in die boek van die lewe?Openbaring—Sy groot klimaks is op hande!
-
-
3. (a) Waarom moet “die engel van die gemeente in Sardis” veral let op die feit dat Jesus “die sewe sterre” het? (b) Watter reguit raad gee Jesus die gemeente in Sardis?
3 Jesus herinner ook “die engel van die gemeente in Sardis” daaraan dat Hy die een is wat “die sewe sterre” het. Hy hou daardie gemeentelike ouer manne in sy regterhand en het die gesag om hulle in hulle herderswerk te rig. Hulle moet hulle harte daarop rig om ‘die voorkoms van die skape goed te ken’ (Spreuke 27:23). Hulle moet derhalwe sorg dat hulle aandagtig na Jesus se volgende woorde luister: “Word waaksaam, en versterk die oorblywende dinge wat op die punt was om te sterf, want ek het nie gevind dat jou dade ten volle voor my God verrig is nie. Onthou dan hoe jy ontvang en hoe jy gehoor het, en hou aan om dit te bewaar, en toon berou. Waarlik, tensy jy wakker word, sal ek soos ’n dief kom, en jy sal glad nie weet in watter uur ek op jou sal afkom nie.”—Openbaring 3:2, 3.
4. Hoe sou Petrus se woorde die gemeente in Sardis help om ‘die oorblywende dinge te versterk’?
4 Die ouer manne in Sardis moet terugdink aan hulle aanvanklike vreugde toe hulle die waarheid geleer het en aan die seëninge wat hulle destyds ontvang het. Maar nou is hulle dood wat geestelike bedrywigheid betref. Hulle gemeentelike lamp flikker weens ’n gebrek aan werke van geloof. Jare tevore het die apostel Petrus aan die gemeentes in Asië (waarskynlik ook aan Sardis) geskryf om waardering op te bou vir die glorieryke goeie nuus wat Christene aangeneem het en wat verkondig is “met heilige gees wat uit die hemel gestuur is”—soos afgebeeld deur die sewe geeste van Johannes se visioen. Petrus het daardie Christene in Asië ook daaraan herinner dat hulle behoort tot ‘’n uitverkore ras, ’n koninklike priesterdom, ’n heilige nasie, ’n volk vir spesiale besit, sodat hulle die voortreflikhede alom bekend sou maak van die een wat hulle uit die duisternis tot in sy wonderbare lig geroep het’ (1 Petrus 1:12, 25; 2:9). Bepeinsing oor sulke geestelike waarhede sal die gemeente in Sardis help om berou te toon en ‘die oorblywende dinge te versterk’.—Vergelyk 2 Petrus 3:9.
5. (a) Wat het met die Christene in Sardis se waardering gebeur? (b) Wat sal gebeur as die Christene in Sardis nie aan Jesus se raad gehoor gee nie?
5 Op die oomblik is hulle waardering en liefde vir die waarheid soos ’n vuur wat byna uitgebrand het. Net ’n paar kole gloei nog. Jesus spoor hulle aan om die vonk aan te blaas, die vuur op te stook, berou te toon oor die sondes wat hulle weens hulle nalatigheid gedoen het en om weer eens ’n geestelik lewende gemeente te word. (Vergelyk 2 Timoteus 1:6, 7.) Anders sal die gemeente in Sardis onvoorbereid wees wanneer Jesus onverwags—“soos ’n dief”—kom om oordeel te voltrek.—Matteus 24:43, 44.
-
-
Is jou naam in die boek van die lewe?Openbaring—Sy groot klimaks is op hande!
-
-
7. Waarom moet Christene vandag wakker bly?
7 Die nodigheid dat ’n Christen waaksaam moet wees, het nie vroeg in die dag van die Here geëindig nie. In sy groot profesie oor “die teken . . . wanneer al hierdie dinge bestem is om tot ’n voleinding te kom”, het Jesus ’n sterk waarskuwing gegee: “Van daardie dag of die uur weet niemand nie . . . Bly op die uitkyk, bly wakker, want julle weet nie wanneer dit die vasgestelde tyd is nie. Maar wat ek vir julle sê, sê ek vir almal: Hou aan waak” (Markus 13:4, 32, 33, 37). Ja, tot op hierdie oomblik moet ons almal, hetsy ons van die gesalfdes of van die groot menigte is, waaksaam bly en stry dat ons nie geestelik aan die slaap raak nie. Mag ons wawyd wakker bevind word wanneer Jehovah se dag “soos ’n dief in die nag” kom, sodat ons ’n gunstige oordeel kan ontvang.—1 Tessalonisense 5:2, 3; Lukas 21:34-36; Openbaring 7:9.
8. Hoe spoor die Johannes-klas God se volk vandag aan om geestelik lewend te bly?
8 Die Johannes-klas is vandag self daarvan bewus dat dit nodig is om God se volk aan te spoor om geestelik lewend te bly. Met dié doel word spesiale byeenkomste etlike kere elke jaar wêreldwyd gereël. In ’n onlangse jaar was die gesamentlike bywoning by 2 981 streekbyeenkomste 10 953 744, en 122 701 nuwe gelowiges is gedoop. Die Johannes-klas gebruik die tydskrif Die Wagtoring al meer as honderd jaar lank om Jehovah se naam en voorneme bekend te maak. In antwoord op die bittere vervolging gedurende die twee wêreldoorloë het Die Wagtoring Jehovah se Getuies tot hernieude ywer gewek deur artikels te publiseer soos “Geseënd is die onverskrokkenes” (1919), “’n Oproep tot aksie” (1925) en “Verydeling van vervolging” (1942).
9. (a) Wat behoort alle Christene hulle af te vra? (b) Watter aansporing het Die Wagtoring gegee?
9 Soos in Sardis is volgehoue selfondersoek lewensbelangrik vir alle Christene in die hedendaagse gemeentes. Ons almal moet aanhou om ons af te vra: Is ons ‘dade ten volle verrig’ voor ons God? Kweek ons persoonlik, sonder om ander te oordeel, ’n selfopofferende gees aan en streef ons daarna om heelhartige diens aan God te verrig? Die Wagtoring het in hierdie verband aansporing gegee deur ’n bespreking van onderwerpe soos “Stel julleself voortdurend op die proef” en “Ons lewe nie langer vir onsself nie”.a Laat ons ons diepste wese aan die hand van sulke skriftuurlike hulp ondersoek, terwyl ons probeer om nederig en biddend in onkreukbaarheid voor Jehovah te wandel.—Psalm 26:1-3; 139:23, 24.
-