Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Is jou naam in die boek van die lewe?
    Openbaring—Sy groot klimaks is op hande!
    • 10. Watter aanmoedigende aspek het Jesus in die gemeente in Sardis opgemerk, en watter uitwerking moet dit op ons hê?

      10 Jesus se volgende woorde aan die gemeente in Sardis is baie aanmoedigend. Hy sê: “Jy het nietemin ’n paar name in Sardis wat nie hulle boklere verontreinig het nie, en hulle sal in wittes saam met my wandel, omdat hulle dit waardig is. Hy wat oorwin, sal so geklee word in wit boklere; en ek sal sy naam hoegenaamd nie uit die boek van die lewe uitwis nie, maar ek sal sy naam voor my Vader en voor sy engele erken” (Openbaring 3:4, 5). Wek hierdie woorde ons nie op en versterk dit nie ons vaste voorneme om getrou te wees nie? Nalatigheid aan die kant van ’n liggaam van ouer manne kan veroorsaak dat ’n gemeente in sy geheel geestelik vas aan die slaap raak. Maar sommige individue in die gemeente probeer dalk moedig om hulle Christelike identiteit rein en vlekkeloos te bewaar en behou sodoende ’n goeie naam by Jehovah.—Spreuke 22:1.

  • Is jou naam in die boek van die lewe?
    Openbaring—Sy groot klimaks is op hande!
    • 13. Watter seëninge lê voor vir gesalfde Christene wat nie “hulle boklere verontreinig” nie?

      13 Vir diegene in Sardis wat tot die einde toe getrou is en nie hulle Christelike identiteit besoedel nie, word ’n wonderlike hoop verwesenlik. Hulle word ná die oprigting van Jesus se Messiaanse Koninkryk in 1914 tot geeslewe opgewek en word as oorwinnaars beklee met wit boklere as simbool van hulle vlekkelose, onbesoedelde regverdigheid. Hulle sal ’n ewige beloning geniet omdat hulle die smal pad wat na die lewe lei, bewandel het.—Matteus 7:14; sien ook Openbaring 6:9-11.

      Vir ewig in die boek van die lewe!

      14. Wat is “die boek van die lewe”, en wie se name word daarin opgeteken?

      14 Wat is “die boek van die lewe”, en wie se name sal daarin behou word? Die boek, of boekrol, van die lewe verwys na die verslag oor Jehovah se knegte wat in aanmerking kom om die ewige lewe as gawe te ontvang (Maleagi 3:16). Hier in Openbaring word spesifiek na die name van gesalfde Christene verwys. Maar die name van dié wat in aanmerking kom vir ewige lewe op die aarde, word ook daarin opgeteken. Wat meer is, name kan uit daardie boek ‘uitgewis’ word (Eksodus 32:32, 33). Nietemin ontvang die lede van die Johannes-klas wie se name tot hulle dood in die boek van die lewe bly, onsterflike lewe in die hemel (Openbaring 2:10). Dit is die name wat Jesus spesifiek voor sy Vader en voor Sy engele erken. Wat ’n wonderlike beloning tog!

      15. Hoe sal lede van die groot menigte hulle name onuitwisbaar in die boek van die lewe geskryf kry?

      15 Die groot menigte, wie se name ook in die boek van die lewe geskryf word, sal lewend uit die groot verdrukking kom. As hulle dwarsdeur Jesus se Duisendjarige Heerskappy en gedurende die beslissende toets wat daarop volg, geloof beoefen, sal hulle met ewige lewe in die Paradys op aarde beloon word (Daniël 12:1; Openbaring 7:9, 14; 20:15; 21:4). Hulle name sal dan onuitwisbaar in die boek van die lewe geskryf bly. Reageer jy nie, noudat jy weet wat hier deur middel van die heilige gees bekend gemaak word, geesdriftig op Jesus se herhaalde vermaning nie: “Laat die een wat ’n oor het, hoor wat die gees vir die gemeentes sê”?—Openbaring 3:6.

Afrikaanse publikasies (1975-2027)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel