-
Koop goud wat deur vuur gelouter isOpenbaring—Sy groot klimaks is op hande!
-
-
2 Jy sal die ruïnes van Laodisea vandag naby Denizli, ongeveer 88 kilometer suidoos van Alasehir, aantref. Laodisea was in die eerste eeu ’n welvarende stad. Aangesien dit by ’n belangrike padkruising geleë was, was dit ’n sleutelsentrum vir die bankwese en die handel. Die verkoop van ’n welbekende oogsalf het sy rykdom vergroot, en die stad was ook beroemd vir sy kledingstukke van hoë gehalte wat plaaslik uit goeie swart wol vervaardig is. ’n Gebrek aan water, ’n groot probleem vir die stad, is te bowe gekom deur water uit warmbronne ’n hele ent daarvandaan in kanale af te voer. Teen die tyd dat die water die stad bereik het, was dit dus net lou.
-
-
Koop goud wat deur vuur gelouter isOpenbaring—Sy groot klimaks is op hande!
-
-
6. (a) Hoe beskryf Jesus die geestelike toestand van die gemeente in Laodisea? (b) Watter goeie voorbeeld van Jesus het die Christene in Laodisea versuim om te volg?
6 Watter boodskap het Jesus vir die Laodiseërs? Hy het geen lof vir hulle nie. Hy sê onomwonde: “Ek ken jou dade, dat jy nie koud of warm is nie. Ek wens jy was koud of anders warm. Omdat jy dan nou lou is en nie warm of koud nie, gaan ek jou uit my mond uitbraak” (Openbaring 3:15, 16). Hoe sou jy op so ’n boodskap van die Here Jesus Christus reageer? Sou jy nie wakker word en jouself ondersoek nie? Daardie Laodiseërs moes hulle beslis regruk, want hulle het geestelik traag geword en blykbaar te veel as vanselfsprekend aanvaar. (Vergelyk 2 Korintiërs 6:1.) Jesus, wie se voorbeeld hulle as Christene moes gevolg het, toon altyd ’n vurige ywer vir Jehovah en sy diens (Johannes 2:17). Bowendien het sagmoediges gevind dat hy altyd vriendelik en saggeaard is, so verkwikkend soos ’n koppie koue water op ’n snikhete dag (Matteus 11:28, 29). Maar die Christene in Laodisea is nie warm of koud nie. Soos die waters wat na hulle stad vloei, het hulle lou geword. Hulle loop gevaar om geheel en al deur Jesus verwerp, ‘uit sy mond uitgebraak’, te word! Mag ons, soos Jesus, altyd ywerig daarna streef om ander geestelik te verkwik.—Matteus 9:35-38.
-