Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • “Wie is waardig om die boekrol oop te maak?”
    Openbaring—Sy groot klimaks is op hande!
    • 1. Wat gebeur nou in Johannes se visioen?

      VERHEWE! ONTSAGWEKKEND! Dit beskryf die aangrypende visioen van Jehovah se troon te midde van die vuurlampe, die gerubs, die 24 ouderlinge en die glasagtige see. Maar Johannes, wat sien jy vervolgens? Johannes vestig die aandag op die middelpunt van hierdie hemelse toneel en sê vir ons: “En ek het in die regterhand van die Een wat op die troon sit, ’n boekrol gesien wat aan die binnekant en op die keersy beskrywe is en goed verseël is met sewe seëls. En ek het ’n sterk engel gesien wat met ’n harde stem uitroep: ‘Wie is waardig om die boekrol oop te maak en sy seëls los te maak?’ Maar daar was niemand in die hemel of op die aarde of onder die aarde wat die boekrol kon oopmaak of daarin kon kyk nie. En ek het baie gehuil omdat niemand waardig bevind is om die boekrol oop te maak of daarin te kyk nie.”—Openbaring 5:1-4.

  • “Wie is waardig om die boekrol oop te maak?”
    Openbaring—Sy groot klimaks is op hande!
    • 3 Sal die sterk engel iemand vind wat waardig is om die boekrol oop te maak? Volgens die Kingdom Interlinear is die boekrol “op die regterhand” van Jehovah. Dit gee te kenne dat hy dit op sy oop palm uithou. Maar dit lyk asof niemand in die hemel of op die aarde waardig is om hierdie boekrol te aanvaar en oop te maak nie. Selfs nie onder die aarde, onder getroue knegte van God wat gesterf het, kwalifiseer enigiemand vir hierdie groot eer nie. Geen wonder dat Johannes sigbaar ontsteld is nie! Miskien gaan hy tog nie hoor “wat moet plaasvind” nie. In ons dag het God se gesalfde volk ook gretig gewag dat Jehovah sy lig en waarheid oor Openbaring moet uitstuur. Hy sou dit progressief doen op die vasgestelde tyd vir die vervulling van die profesie sodat hy sy volk op die weg van ’n “grootse redding” kon lei.—Psalm 43:3, 5.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel