-
Die verseëling van die Israel van GodOpenbaring—Sy groot klimaks is op hande!
-
-
6. Wie beveel die engele om die vier winde terug te hou, en waarvoor gee dit tyd?
6 Johannes beskryf verder hoe party vir oorlewing gemerk sal word: “En ek het ’n ander engel van die sonsopgang af sien opkom, met ’n seël van die lewende God; en hy het met ’n harde stem geroep na die vier engele aan wie dit gegee is om die aarde en die see te beskadig en gesê: ‘Moenie die aarde of die see of die bome beskadig tot ná ons die slawe van ons God op hulle voorkoppe verseël het nie.’”—Openbaring 7:2, 3.
-
-
Die verseëling van die Israel van GodOpenbaring—Sy groot klimaks is op hande!
-
-
8. Wat is die verseëling, en wanneer het dit begin?
8 Wat is hierdie verseëling, en wie is hierdie slawe van God? Die verseëling het op Pinkster 33 G.J. begin toe die eerste Joodse Christene met heilige gees gesalf is. Later het God “mense van die nasies” geroep en gesalf (Romeine 3:29; Handelinge 2:1-4, 14, 32, 33; 15:14). Die apostel Paulus het geskryf dat gesalfde Christene ’n waarborg het dat hulle “aan Christus behoort” en het bygevoeg dat God “ook sy seël op ons gedruk en ons die pand van wat gaan kom, dit wil sê die gees, in ons harte gegee” het. (2 Korintiërs 1:21, 22; vergelyk Openbaring 14:1.) Wanneer hierdie slawe as God se geestelike seuns aangeneem word, ontvang hulle derhalwe vooruit ’n bewys van hulle hemelse erfenis—’n seël of pand (2 Korintiërs 5:1, 5; Efesiërs 1:10, 11). Hulle kan dan sê: “Die gees self getuig met ons gees dat ons God se kinders is. As ons dan kinders is, is ons ook erfgename: ja, erfgename van God, maar mede-erfgename met Christus, mits ons saam ly, sodat ons ook saam verheerlik kan word.”—Romeine 8:15-17.
9. (a) Watter volharding word van die oorblywende geesgesalfde seuns van God vereis? (b) Hoe lank sal die toetsing van die gesalfdes voortduur?
9 “Mits ons saam ly”—wat beteken dit? Om die kroon van die lewe te ontvang, moet gesalfde Christene volhard, getrou selfs tot in die dood (Openbaring 2:10). Dit is nie ’n geval van ‘eenmaal gered, altyd gered’ nie (Matteus 10:22; Lukas 13:24). Hulle word eerder vermaan: “Julle [moet] julle uiterste bes doen om julle roeping en verkiesing vir julle te verseker.” Soos die apostel Paulus moet hulle uiteindelik kan sê: “Ek het die goeie stryd gestry, ek het die wedloop enduit gehardloop, ek het die geloof bewaar” (2 Petrus 1:10, 11; 2 Timoteus 4:7, 8). Hier op die aarde moet die toetsing en sifting van die oorblywende geesverwekte seuns van God dus voortduur totdat Jesus en die engele wat hom vergesel, die seël stewig ‘op die voorkop’ van al hierdie seuns bevestig het, waardeur hulle onweerlegbaar en onherroeplik as beproefde en getroue “slawe van ons God” geïdentifiseer word. Hierdie seël word dan ’n permanente merk. Wanneer die vier winde van verdrukking losgelaat word, sal al die lede van geestelike Israel blykbaar finaal verseël wees, hoewel ’n paar nog in die vlees lewend sal wees (Matteus 24:13; Openbaring 19:7). Die hele ledetal sal volledig wees!—Romeine 11:25, 26.
-