-
Die twee getuies herleweOpenbaring—Sy groot klimaks is op hande!
-
-
10. Wat moet Jehovah se getroue getuies doen terwyl hulle vertrap word?
10 Selfs terwyl hierdie lojales vertrap word, hou hulle nie op om sy getroue getuies te wees nie. Die profesie gaan dus voort: “‘En ek sal my twee getuies duisend-tweehonderd-en-sestig dae laat profeteer, geklee in saklinne.’ Hulle word deur die twee olyfbome en die twee lampstaanders gesimboliseer en staan voor die Here van die aarde.”—Openbaring 11:3, 4.
-
-
Die twee getuies herleweOpenbaring—Sy groot klimaks is op hande!
-
-
13. (a) Wat word aangedui deur die feit dat die gesalfde Christene deur twee getuies gesimboliseer is? (b) Aan watter profesie van Sagaria laat dit ons dink wanneer Johannes die twee getuies “die twee olyfbome en die twee lampstaanders” noem?
13 Die feit dat hulle deur twee getuies gesimboliseer is, bevestig vir ons dat hulle boodskap akkuraat en gegrond was. (Vergelyk Deuteronomium 17:6; Johannes 8:17, 18.) Johannes noem hulle “die twee olyfbome en die twee lampstaanders” en sê dat hulle ‘voor die Here van die aarde staan’. Dit is ’n duidelike verwysing na die profesie van Sagaria, wat ’n lampstaander met sewe arms en twee olyfbome gesien het. Daar is gesê dat die olyfbome “die twee gesalfdes”, dit wil sê goewerneur Serubbabel en hoëpriester Josua, afbeeld, “wat langs die Here van die hele aarde staan”.—Sagaria 4:1-3, 14.
14. (a) Wat is aangedui deur Sagaria se visioen van die twee olyfbome? en die lampstaander? (b) Wat sou die gesalfde Christene gedurende die Eerste Wêreldoorlog ondervind?
14 Sagaria het in ’n tyd van herbouing gelewe, en sy visioen van die twee olyfbome het beteken dat Serubbabel en Josua met Jehovah se gees geseën sou word wanneer hulle die volk vir die werk versterk. Die visioen van die lampstaander het Sagaria daaraan herinner om nie “die dag van klein dinge [te] verag” nie, want Jehovah se voornemens sou uitgevoer word—“‘nie deur ’n krygsmag of deur krag nie, maar deur my gees’, het Jehovah van die leërs gesê” (Sagaria 4:6, 10; 8:9). Net so sou die groepie Christene wat gedurende die Eerste Wêreldoorlog daarin volhard het om die lig van waarheid aan die mensdom te bring, in ’n herbouingswerk gebruik word. Hulle sou ook ’n bron van aanmoediging wees en sou, al was hulle so min, leer om op Jehovah se krag staat te maak en nie die dag van ’n klein begin te verag nie.
-