Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Die twee getuies herlewe
    Openbaring—Sy groot klimaks is op hande!
    • 23. (a) Wat gebeur ná drie en ’n half dae met die twee getuies, en watter uitwerking het dit op hulle vyande? (b) Wanneer het Openbaring 11:11, 12 en Esegiël se profesie van Jehovah wat op ’n vallei vol droë bene blaas, ’n hedendaagse vervulling gehad?

      23 Die pers het God se volk saam met die geestelikes beswadder, en een koerant het gesê: “Die slot van The Finished Mystery het aangebreek.” Maar niks kon minder waar gewees het nie! Die twee getuies het nie dood gebly nie. Ons lees: “En ná die drie en ’n half dae het lewensgees van God af in hulle ingegaan, en hulle het op hulle voete gaan staan, en groot vrees het op dié geval wat hulle gesien het. En hulle het ’n harde stem uit die hemel vir hulle hoor sê: ‘Kom op hierheen.’ En hulle het in die wolk tot in die hemel opgegaan, en hulle vyande het hulle gesien” (Openbaring 11:11, 12). Hulle het dus ’n ondervinding gehad wat soortgelyk is aan dié van die droë bene in die vallei wat Esegiël in ’n visioen besoek het. Jehovah het op daardie droë bene geblaas, en hulle het lewend geword, wat ’n afbeelding was van die hergeboorte van die nasie Israel ná 70 jaar van gevangenskap in Babilon (Esegiël 37:1-14). Hierdie twee profesieë, in Esegiël en in Openbaring, het in 1919 hulle treffende hedendaagse vervulling gehad toe Jehovah sy “afgestorwe” getuies weer springlewendig gemaak het.

  • Die twee getuies herlewe
    Openbaring—Sy groot klimaks is op hande!
    • 25. (a) Wanneer is daar vir die twee getuies gesê: “Kom op hierheen”, en hoe het dit plaasgevind? (b) Watter skokkende uitwerking het die herstel van die twee getuies op die groot stad gehad?

      25 Die Christendom het herhaaldelik probeer om haar oorwinning van 1918 te herhaal. Sy het haar toevlug geneem tot gepeupelgeweld, regsmanipulering, gevangesetting en selfs teregstellings—alles tevergeefs! Ná 1919 was die geestelike domein van die twee getuies buite haar bereik. In daardie jaar het Jehovah vir hulle gesê: “Kom op hierheen”, en hulle het ’n verhewe geestelike posisie verkry waar hulle vyande hulle kon sien, maar niks aan hulle kon doen nie. Johannes beskryf die skokkende uitwerking wat hulle herstel op die groot stad gehad het: “En in daardie uur het daar ’n groot aardbewing plaasgevind, en ’n tiende van die stad het geval; en seweduisend persone is deur die aardbewing doodgemaak, en die res het bang geword en heerlikheid aan die God van die hemel gegee” (Openbaring 11:13). Daar was werklik groot skuddings in die godsdienswêreld. Dit was asof die grond onder die leiers van die gevestigde kerke geskuif het toe hierdie liggaam van verlewendigde Christene aan die werk gespring het. Die uitwerking op ’n tiende van hulle stad, figuurlik 7 000 persone, was so groot dat daar gesê word dat hulle doodgemaak is.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel