-
Die “Vredevors” gaan Armageddon tegemoetWêreldwye veiligheid onder die “Vredevors”
-
-
Die nasies word versamel na Armageddon
15. (a) Watter soort plek is Armageddon dan? (b) Wat is een van die bronne van die onrein propaganda wat die nasies na die oorlog te Armageddon laat opruk?
15 Megiddo was dus ’n plek waar beslissende veldslae gevoer is. Armageddon moet dan logieserwys die slagveld wees waarheen al die wêreldse nasies van vandag sal opruk onder die dryfkrag wat in Openbaring 16:13, 14 beskryf is. Die “geeste [of “uitinge”, NW] van duiwels” wat die nasies mobiliseer, is die propaganda wat vandag uitgekwaak word en onrein is soos die Bybelse onrein padda. Een van die bronne van sulke onrein propaganda is die “groot vuurrooi draak”. Openbaring 12:1-9 identifiseer “die draak” as Satan die Duiwel.
-
-
Die “Vredevors” gaan Armageddon tegemoetWêreldwye veiligheid onder die “Vredevors”
-
-
17. Wat is die uitwerking van die paddaägtige propaganda wat uit “die dier” voortkom?
17 So ’n wêreldstelsel van politieke heerskappy het sy kenmerkende propaganda. En hierdie kwakende, paddaägtige propaganda is ’n geïnspireerde uiting wat saam met die geïnspireerde uiting van “die draak” help om “die konings”, of die politieke heersers van die wêreld, te versamel na “die oorlog van daardie groot dag van die almagtige God” wat te Armageddon gevoer gaan word.
18. (a) Wat dui die naam Har–Magedon aan? (b) Wat sou ’n berg voorstel?
18 Har–Magedon beeld dus ’n wêreldsituasie af wat op ’n beslissende oorlog uitloop. Dit stel daardie eindtoestand voor wat wêreldaangeleenthede bereik waar politieke heersers God se wil eendragtig teëstaan, sodat God volgens sy voorneme met ’n teenmag moet reageer. Die toekoms gaan dus bepaal word deur die uitslag van hierdie konfrontasie. By Megiddo, die geografiese plek, was daar geen berg nie. Maar ’n berg sou ’n prominente vergaderplek voorstel wat van ver af maklik sigbaar is vir al die leërmagte wat daar saamtrek.
19, 20. Watter strategie sal die Generaal van Jehovah se hemelse magte by Armageddon gebruik, en met watter gevolg?
19 Jesus Christus, die Generaal van Jehovah se leërmagte, kyk al jare lank toe hoe die heersers van die wêreld en hulle leërmagte na Armageddon opruk. Maar hy het geen bepaalde koning en sy leërmagte uitgekies om hulle alleen te verslaan en gevolglik stuksgewyse met die vyandelike magte af te reken nie. Inteendeel, hy gee hulle genoeg tyd om saam te trek en hulle magte tot die grootste militêre potensiaal te verenig. Sy moedige voorneme is om hulle almal gelyk aan te pak!
-