LIED 122
Wees standvastig, onbeweeglik!
1. Daar is probleme die heel wêreld deur.
Mense is bang vir wat dalk sal gebeur.
Sterk, onbeweeglik moet ons altyd wees;
dien God in waarheid en gees.
(REFREIN)
Standvastig moet ons dan bly
en hierdie wêreld vermy;
tot die einde volhard,
en so die lewe kry.
2. Satan se wêreld probeer ons mislei.
Haat vir wat sleg is, help ons daarteen stry.
Ons weet dat liefde vir God en sy raad
ons onbeweeglik kan maak.
(REFREIN)
Standvastig moet ons dan bly
en hierdie wêreld vermy;
tot die einde volhard,
en so die lewe kry.
3. Ons dien Jehovah met hart, siel en krag.
Skouer aan skouer werk ons dag en nag.
Laat ons die Koninkryksnuus bly versprei,
gou is dié stelsel verby.
(REFREIN)
Standvastig moet ons dan bly
en hierdie wêreld vermy;
tot die einde volhard,
en so die lewe kry.
(Sien ook Luk. 21:9; 1 Pet. 4:7.)