Lied 120
Luister, gee ag, word geseën
1. Kan ander sien dat ons luister na Christus?
Sy lering skyn op ons pad soos ’n lig.
Ons is so bly dat ons daarvan bewus is,
want daardeur word ons na seën gerig.
(REFREIN)
Luister, gee ag, word geseën;
Dan ondervind ons Gods steun.
Smaak die geluk wat net hy kan verleen.
Luister, gee ag, word geseën.
2. Net soos ’n huis wat bly staan in ’n storm
as dit gebou is op rots, nie op sand,
so sal ons wees as ons ons lewe vorm
na wat ons leer uit Jehovah se hand.
(REFREIN)
Luister, gee ag, word geseën;
Dan ondervind ons Gods steun.
Smaak die geluk wat net hy kan verleen.
Luister, gee ag, word geseën.
3. Net soos ’n boom wat geplant is by water,
op tyd sal vrug dra en steeds groen sal bly—
as ons gehoor gee, dan sal ons ook later
van God oneindige lewe verkry.
(REFREIN)
Luister, gee ag, word geseën;
Dan ondervind ons Gods steun.
Smaak die geluk wat net hy kan verleen.
Luister, gee ag, word geseën.
(Sien ook Deut. 28:2; Ps. 1:3; Spr. 10:22; Matt. 7:24-27.)