Job
29 En Job het weer sy spreuk aangehef en gesê:
2 “Ag, as ek maar was soos in die maanmaande van lank gelede,+
Soos in die dae toe God my bewaar het;+
3 Toe hy sy lamp oor my hoof laat skyn het,
Toe ek by sy lig deur die duisternis gewandel het;+
4 Net soos ek in die dae van my fleur was,+
Toe intimiteit met God in my tent was;+
5 Toe die Almagtige nog met my was,
Toe my dienaars rondom my was!
6 Toe ek my voetstappe in botter gewas het,
En die rots vir my strome olie bly uitgiet het;+
7 Toe ek uitgegaan het na die poort by die stad,+
Op die openbare plein my sitplek reggemaak het!+
11 Want die oor het geluister en my gelukkig genoem,
En die oog het gesien en vir my getuig.
12 Want ek het die geteisterde gered wat om hulp geroep het,+
En die vaderlose seun en enigiemand wat geen helper gehad het nie.+
13 Die seën+ van die een wat op die punt gestaan het om te sterf—op my het dit gekom,
En die hart van die weduwee het ek bly gemaak.+
14 Met regverdigheid het ek my beklee, en dit het my beklee.+
My geregtigheid was soos ’n moulose oorkleed—en ’n tulband.
16 Ek was ’n ware vader vir die armes;+
En die regsaak van iemand wat ek nie geken het nie—dit het ek ondersoek.+
18 En ek het altyd gesê: ‘In my nes sal ek sterf,+
En soos die sandkorrels sal ek my dae vermenigvuldig.+
20 My heerlikheid bly nuut by my,
En my boog in my hand sal herhaaldelik skiet.’
23 En hulle het op my gewag soos op die reën,+
En hulle mond het hulle wyd oopgemaak vir die lentereën.+