Job
28 “Waarlik, vir silwer is daar ’n plek waar dit gevind word
En ’n plek vir goud wat hulle louter;+
2 Yster word uit die stof gehaal+
En koper word uit klip gegiet.
3 ’n Einde het hy aan die duisternis gemaak;
En tot elke uiterste soek hy+
Die klip in die donker en in die diep skaduwee.
4 Hy het ’n skag gesink ver van waar mense as vreemdelinge woon,+
Vergete plekke ver van die voet;
Sommige van die sterflike mense het na onder geswaai, hulle het heen en weer geswaai.
8 Die majestueuse wilde diere het dit nie vasgetrap nie;
Die jong leeu het nie daaroor geloop nie.
9 Oor die vuurklip het hy sy hand uitgesteek;
Hy het berge van hulle wortel af omgekeer;
10 In die rotse het hy watergevulde gange gegrawe,+
En sy oog het alle kosbare dinge gesien.
11 Die plekke waarvandaan riviere gedrup het, het hy toegedam,+
En wat verborge is, bring hy aan die lig.
13 Die sterflike mens het nie die waarde daarvan te wete gekom nie,+
En dit word nie in die land van die lewendes gevind nie.
15 Suiwer goud kan nie in ruil daarvoor gegee word nie,+
En silwer kan nie as die prys daarvoor afgeweeg word nie.
17 Goud en glas kan nie daarmee vergelyk word nie,
En ook kan geen houer van gelouterde goud daarvoor geruil word nie.
18 Koraal+ en bergkristal sal nie genoem word nie,
Maar ’n sak vol wysheid is meer werd as ’n sak vol pêrels.+
19 Die topaas+ van Kus kan nie daarmee vergelyk word nie;
Daarvoor kan nie betaal word selfs met suiwer goud nie.
21 Dit is verborge selfs vir die oë van almal wat lewe,+
En vir die voëls van die hemel is dit weggesteek.
22 Vernietiging en die dood het gesê:
‘Met ons ore het ons ’n berig daaromtrent gehoor.’
23 God het die weg daarvan verstaan,+
En hy het die plek daarvan geken,
24 Want hy kyk tot reg by die eindes van die aarde;+
Onder die ganse hemel sien hy,
25 Om ’n gewig vir die wind te maak,+
Terwyl hy die waters volgens ’n maat afgemeet het;+
26 Toe hy vir die reën ’n voorskrif gemaak het,+
En ’n weg vir die donderende onweerswolk,
27 Toe het hy wysheid gesien en daarvan vertel;
Hy het dit berei en dit ook deurvors.