35 En Eliʹhu het verder geantwoord en gesê:
2 “Is dit wat u as geregtigheid beskou het?
U het gesê: ‘My regverdigheid is groter as dié van God.’+
3 Want u sê: ‘Van watter nut is dit vir u?+
Wat baat dit my meer as wanneer ek sondig?’+
4 Ek sal u antwoord
En u metgeselle+ by u.
5 Kyk op na die hemel+ en sien,
En aanskou die wolke,+ dat hulle inderdaad hoër is as u.
6 As u sondig, wat rig u teen hom uit?+
En as u opstandige dade toeneem, wat doen u hom aan?
7 As u werklik reg is, wat gee u hom,
Of wat ontvang hy uit u hand?+
8 U goddeloosheid kan teen ’n man soos u wees,+
En u regverdigheid teenoor ’n mensekind.+
9 Weens die menigte van verdrukkinge bly hulle om hulp roep;+
Hulle bly om hulp roep weens die arm van die grotes.+
10 En tog het niemand gesê nie: ‘Waar is God, my Grootse Maker,+
Die Een wat melodieë in die nag gee?’+
11 Hy is die Een wat ons meer leer+ as die diere van die aarde,+
En hy maak ons wyser as selfs die voëls van die hemel.
12 Daar bly hulle uitroep, maar hy antwoord nie,+
Weens die trots+ van die slegtes.
13 Net die onwaarheid hoor God nie,+
En die Almagtige self aanskou dit nie.+
14 Hoeveel minder dan wanneer u sê dat u hom nie aanskou nie!+
Die regsaak is voor hom, en u moet dus verlangend op hom wag.+
15 En nou, omdat sy toorn nie rekenskap geëis het nie,+
Het hy ook nie gelet op die buitengewone onbesonnenheid nie.+
16 En Job maak sy mond eenvoudig verniet wyd oop;
Sonder kennis vermenigvuldig hy blote woorde.”+