Job
36 En Eliʹhu het verder gesê:
2 “Wees ’n klein rukkie geduldig met my, en ek sal u meedeel
Dat daar nog woorde is om ten gunste van God te sê.
5 Kyk! God is magtig+ en sal nie verwerp nie;
Hy is magtig in die krag van ’n verstandige hart;
6 Hy sal geen goddelose laat lewe nie,+
Maar aan die geteisterdes sal hy reg verskaf.+
7 Hy sal sy oë nie van die regverdige afwend nie;+
Selfs konings op die troon+—
Hy sal hulle ook vir ewig laat sit, en hulle sal verhef word.
9 Dan sal hy hulle vertel van hulle handelswyse
En hulle oortredings, omdat hulle ’n meerderwaardige houding inneem.
10 En hy sal hulle oor vir vermaning open,+
En hy sal sê dat hulle hulle moet afkeer van wat skadelik is.+
11 As hulle gehoorsaam is en dien,
Sal hulle hulle dae eindig in wat goed is
En hulle jare in aangenaamheid.+
12 Maar as hulle nie gehoorsaam is nie, sal hulle deur ’n werpspies+ heengaan,+
En hulle sal sonder kennis sterf.
13 En die afvalliges van hart sal toorn ophoop.+
Hulle moet nie om hulp roep omdat hy hulle gebind het nie.
15 Hy sal die geteisterde in sy ellende red,
En hy sal hulle oor in die verdrukking open.
16 En hy sal u ook beslis weglok uit die mond van benoudheid!+
Wyer ruimte,+ nie ingeperktheid nie, sal in die plek daarvan wees,
En die vertroosting van u tafel sal vol vettigheid wees.+
17 Met die regterlike vonnis oor die goddelose+ sal u beslis vervul word;
Regterlike vonnis en geregtigheid sal ’n houvas kry.
18 Want pas op dat woede+ u nie tot kwaadwillige handegeklap verlok nie,
En laat ’n groot losprys+ u nie op ’n dwaalspoor bring nie.
19 Sal u hulpgeroep ’n uitwerking hê?+ Nee, en ook nie in benoudheid
Selfs al u kragtige pogings nie.+
20 Moenie hyg na die nag,
Dat volke hulle moet terugtrek van waar hulle is nie.
22 Kyk! God handel verhewe met sy krag;
Wie is ’n onderrigter soos hy?