Job
34 En Eliʹhu het verder geantwoord en gesê:
2 “Luister, o wyses, na my woorde;
En julle wat weet, hoor my aan.
4 Laat ons vir ons die reg kies;
Laat ons onder mekaar te wete kom wat goed is.
6 Vertel ek leuens teen my eie reg?
My ernstige wond is ongeneeslik, hoewel daar geen oortreding is nie.’+
8 En hy is beslis op pad om met dié wat skadelike dinge beoefen, om te gaan
En om saam met goddelose mense te wandel.+
10 Daarom, o manne met ’n verstandige hart,+ luister na my.
Ver is dit van die ware God om goddeloos te handel,+
En van die Almagtige om onregverdig te handel!+
11 Want volgens die handelswyse van die mens sal hy hom vergeld,+
En volgens die weg van ’n man sal hy dit oor hom laat kom.
13 Wie het aan hom die aarde toegewys,
En wie het hom aangestel oor die vrugbare land, ja, alles daarvan?
14 As hy sy hart op iemand rig,
As hy dié se gees en asem tot hom versamel,+
15 Sal alle vlees tesame sterf,
En die mens sal tot die stof terugkeer.+
16 As u dan verstand het, luister tog hierna;
Hoor tog die geluid van my woorde.
17 Waarlik, sal iemand wat geregtigheid haat, heers,+
En as ’n magtige regverdig is, sal u hom goddeloos verklaar?+
19 Daar is Een wat geen partydigheid teenoor vorste betoon het nie
En op die edele nie meer ag gegee het as op die geringe nie,+
Want hulle almal is die werk van sy hande.+
20 In ’n oomblik sterf hulle,+ ja, in die middel van die nag;+
Die volk steier heen en weer en verdwyn,
En magtiges wyk—nie deur ’n hand nie.+
22 Daar is geen duisternis of diep skaduwee
Waarin dié wat skadelike dinge beoefen, hulle kan versteek nie.+
23 Want hy stel geen vasgestelde tyd vir enige mens
Om voor God in die gereg te gaan nie.
26 Soos goddeloses slaan hy hulle
Op die plek waar toeskouers is;+
27 Omdat hulle hulle daarvan afgekeer het om hom te volg+
En op geeneen van sy weë ag gegee het nie,+
28 Om die geroep van die geringe tot hom te laat kom;
En so hoor hy die geroep van die geteisterdes.+
29 Wanneer hy rus verskaf, wie kan dan veroordeel?
En wanneer hy sy aangesig verberg,+ wie kan hom aanskou,
Hetsy vir ’n nasie+ of ’n mens, wat dieselfde is?
31 Want sal iemand vir God sê:
‘Ek het dit gedra, hoewel ek nie verderflik handel nie;+
32 Onderrig u my, hoewel ek niks aanskou nie;
As ek enige onregverdigheid gepleeg het,
Sal ek dit nie weer doen nie’?+
33 Sal hy vanuit u standpunt daarvoor vergoed omdat u die reg weier,
Omdat u kies, en nie ek nie?
Ja, wat u goed weet, sê dit.
34 Manne met ’n verstandige hart+ sal vir my sê—
Ja, ’n wyse man wat na my luister:
En sy woorde is sonder insig.’