Psalms ’n Lied van die opgange. 120 Ek het Jehovah in my benoudheid aangeroep,+En hy het my geantwoord.+ 2 O Jehovah, verlos tog my siel van valse lippe,+Van die bedrieglike tong.+ 3 Wat sal aan jou gegee word, en wat sal vir jou bygevoeg word,O bedrieglike tong?+ 4 Skerpgemaakte pyle van ’n sterk man,+Saam met brandende kole van die besemstruike.+ 5 Wee my, want ek het as ’n vreemdeling in Meseg+ gewoon!Ek het by die tente van Kedar+ gewoon. 6 Te lank het my siel gewoon+By dié wat vrede haat.+ 7 Ek staan vrede voor;+ maar wanneer ek praat,Is hulle vir oorlog.+