Psalms
Vir die musiekleier, op snaarinstrumente.+ ’n Melodie van Dawid.
4 Antwoord my wanneer ek roep, o my regverdige God.+
In die benoudheid moet u vir my groot ruimte maak.
Betoon guns aan my+ en verhoor my gebed.
2 O mensekinders, hoe lank moet my heerlikheid+ ’n voorwerp van belediging wees,
Terwyl julle voortdurend leë dinge liefhet,
Terwyl julle voortdurend ’n leuen soek? Sela.
3 Weet dan dat Jehovah beslis die een wat teenoor hom lojaal is,+ sal onderskei;
Jehovah sal hoor wanneer ek hom aanroep.+
4 WEES ontsteld, maar moenie sondig nie.+
Sê wat julle te sê het in julle hart, op julle bed,+ en bly stil. Sela.
6 Daar is baie wat sê: “Wie sal ons die goeie laat sien?”
Verhef die lig van u aangesig oor ons,+ o Jehovah.