Psalms
Vir die musiekleier, vir Nehilot. ’n Melodie van Dawid.
3 O Jehovah, in die oggend sal u my stem hoor;+
In die oggend sal ek my tot u rig en op die uitkyk wees.+
4 Want u is nie ’n God wat in goddeloosheid behae skep nie;+
Niemand wat sleg is, mag selfs ’n rukkie by u vertoef nie.+
5 Geen grootpraters mag hulle voor u oë stel nie.+
U haat almal wat beoefen wat skadelik is;+
6 U sal die leuenaars vernietig.+
’n Man van bloedvergieting+ en bedrog+ word deur Jehovah verfoei.
7 Wat my betref, deur die oorvloed van u liefderyke goedhartigheid+
Sal ek in u huis ingaan,+
Ek sal my neerbuig in die rigting van u heilige tempel in die vrees vir u.+
9 Want in hulle mond is niks betroubaars nie;+
Hulle binneste is inderdaad teëspoed.+
Hulle keel is ’n oop graf;+
’n Gladde tong gebruik hulle.+
10 God sal hulle beslis skuldig ag;+
Hulle sal val weens hulle eie planne.+
Laat hulle deur die menigte van hulle oortredings verstrooi word,+
Want hulle het teen u in opstand gekom.+