Psalms
Vir die musiekleier oor Mahalat.+ Maskil. Van Dawid.
Hulle het verderflik gehandel en het verfoeilik gehandel in onregverdigheid;+
Daar is niemand wat goed doen nie.+
2 Wat God betref, hy het uit die hemel afgekyk op die mensekinders,+
Om te sien of daar iemand bestaan wat insig het, iemand wat Jehovah soek.+
3 Hulle het almal teruggedraai, hulle is almal tesame verdorwe;+
Daar is niemand wat goed doen nie,+
Nie eers een nie.
4 Het nie een van dié wat skadelike dinge beoefen, kennis nie,+
Dié wat my volk opeet soos hulle brood geëet het?+
Hulle het nie eens Jehovah aangeroep nie.+