Psalms
Vir die musiekleier. ’n Melodie van Dawid.
13 Hoe lank, o Jehovah, sal u my vergeet? Vir ewig?
Hoe lank sal u u gesig van my af wegdraai?+
2 Hoe lank moet ek angstig en bekommerd wees,
met droefheid in my hart elke dag?
Hoe lank sal my vyand die oorhand hê?+
3 Sien my raak en antwoord my, o Jehovah my God.
Gee lig vir my oë, sodat ek nie in die dood gaan slaap nie,
4 sodat my vyand nie sal sê: “Ek het hom oorwin!” nie.
Moenie toelaat dat my teenstanders bly word oor my ondergang nie.+
5 Ek vertrou op u lojale liefde.+
My hart sal bly wees oor u dade van redding.+