Psalms
’n Melodie van Dawid, toe hy in die wildernis van Juda was.+
63 O God, u is my God, ek bly soek na u.+
Ek dors na u.+
2 Ek het u in die heiligdom gesien.
Ek het u krag en u heerlikheid gesien.+
3 U lojale liefde is beter as die lewe.+
Daarom sal my lippe u verheerlik.+
4 So sal ek u lewenslank loof.
In u naam sal ek my hande oplig.
5 Ek word versadig met die beste en die rykste deel,*
en daarom sal my mond u loof met vreugde op my lippe.+
6 Ek dink aan u terwyl ek op my bed is.
Ek peins gedurende die nag* oor u.+
8 Ek klou vas aan u.
U regterhand hou my stewig vas.+
9 Maar dié wat my wil doodmaak,
sal in die diepste dele van die aarde afgaan.
10 Hulle sal aan die mag van die swaard oorgelewer word.
Hulle sal kos vir die jakkalse word.
11 Maar die koning sal bly wees as gevolg van God.
Elkeen wat by Hom sweer, sal van vreugde uitroep,*
want die mond van die leuenaars sal stilgemaak word.