’n Melodie van Dawid, toe hy in die wildernis van Juda was.+
63 O God, u is my God, ek bly u soek.+
My siel dors na u.+
Na u het my vlees met verlange gesmag
In ’n dor en uitgeputte land, waar daar geen water is nie.+
2 So het ek u in die heiligdom aanskou,+
Toe ek u sterkte en u heerlikheid gesien het.+
3 Omdat u liefderyke goedhartigheid beter is as die lewe,+
Sal my lippe u prys.+
4 So sal ek u gedurende my lewe loof;+
In u naam sal ek my palms ophef.+
5 Soos met die beste deel, ja, vettigheid, word my siel versadig,+
En met lippe van vreugdegeroep bring my mond lof.+
6 Wanneer ek op my rusbed aan u gedink het,+
Peins ek gedurende die nagwake oor u.+
7 Want u het my gehelp,+
En in die skaduwee van u vleuels roep ek met vreugde uit.+
8 My siel het u met gehegtheid gevolg;+
U regterhand hou my stewig vas.+
9 Wat dié betref wat my siel bly soek om dit te verderf,+
Hulle sal in die diepste dele van die aarde kom.+
10 Hulle sal aan die mag van die swaard oorgelewer word;+
Hulle sal bloot die deel van jakkalse word.+
11 En die koning sal hom in God verbly.+
Elkeen wat by hom sweer, sal roem,+
Want die mond van die leuenaars sal toegestop word.+