Josua
16 En die land wat deur middel van die lot+ aan die nakomelinge van Josef+ toegewys is, het gestrek vanaf die Jordaanrivier by Jeʹrigo tot by die waters oos van Jeʹrigo, deur die wildernis wat van Jeʹrigo af tot in die bergstreek van Bet-El strek.+ 2 Dit het van Bet-El af gestrek, wat aan Lus behoort, na die grens van die Arkiete by Aʹtarot, 3 en toe het dit weswaarts na die grens van die Jafletiete afgegaan tot by die grens van Onder-Bet-Horon+ en Geser,+ en dit het by die see geëindig.
4 Josef se nakomelinge,+ Manasʹse en Eʹfraim, het hulle grond toe in besit geneem.+ 5 Die grens van die families van die stam van Eʹfraim was soos volg: Die grens van hulle erfdeel in die ooste was Aʹtarot-Adʹdar+ tot by Bo-Bet-Horon,+ 6 en die grens het tot by die see gestrek. Migʹmetat+ was in die noorde, en die grens het met ’n draai ooswaarts na Taʹänat-Siʹlo en verder oos na Janoʹag geloop. 7 Toe het dit van Janoʹag na Aʹtarot en Naʹära afgegaan, verby Jeʹrigo,+ tot by die Jordaanrivier. 8 Van Tappuʹag+ af het die grens verder weswaarts na die vallei van Kana* geloop, en dit het by die see geëindig.+ Dit is die erfdeel van die families van die stam van Eʹfraim. 9 Die nakomelinge van Eʹfraim het stede met omliggende dorpies binne die erfdeel van Manasʹse gehad.+
10 Maar hulle het nie die Kanaäniete verdryf wat in Geser gewoon het nie,+ en die Kanaäniete woon vandag nog onder Eʹfraim+ en is gedwing om as slawe te werk.+