13 En hy het vir Abram begin sê: “Jy kan vir seker weet dat jou saad ’n inwonende vreemdeling sal word in ’n land wat nie hulle s’n is nie,+ en hulle sal hulle moet dien, en dié sal hulle beslis vierhonderd jaar lank verdruk.+
4 En ek het ook my verbond met hulle tot stand gebring om aan hulle die land Kanaän te gee, die land van hulle vreemdelingskap waarin hulle as vreemdelinge gewoon het.+
9 “En jy mag ’n inwonende vreemdeling nie verdruk nie,+ aangesien julle self die siel van die inwonende vreemdeling geken het, want julle het inwonende vreemdelinge in Egipteland geword.+
6 En wat God gesê het, het hierop neergekom, dat sy saad inwonende vreemdelinge+ in ’n vreemde land+ sou wees en die mense hulle slawe sou maak en vierhonderd jaar lank sou verdruk.+
9 Deur geloof het hy as ’n vreemdeling in die land van die belofte gewoon soos in ’n vreemde land+ en in tente gewoon+ saam met Isak+ en Jakob,+ wat saam met hom die erfgename van presies dieselfde belofte was.+