-
1 Konings 13:2Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
-
-
2 Toe het hy deur die woord van Jehovah teen die altaar uitgeroep en gesê: “O altaar, altaar, só het Jehovah gesê: ‘Kyk! ’n Seun, gebore vir die huis van Dawid, met die naam Josiʹa!+ En hy sal beslis op jou die priesters van die hoogtes slag wat op jou offerrook laat opgaan, en hy sal mensebeendere op jou verbrand.’”+
-
-
2 Konings 23:8Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
-
-
8 Toe het hy al die priesters uit die stede van Juda laat kom om die hoogtes waar die priesters offerrook laat opgaan het, ongeskik vir aanbidding te maak, van Geba+ af tot by Berseʹba;+ en hy het die hoogtes van die poorte afgebreek wat by die ingang van die poort van die stadshoof Josua was, wat aan die linkerkant was as ’n mens die stadspoort binnegaan.
-