18 En wanneer hy op die troon van sy koninkryk gaan sit, moet hy vir hom ’n afskrif van hierdie wet in ’n boek skryf, uit dié wat in die bewaring is van die priesters, die Leviete.+
9 Toe het Moses hierdie wet opgeskryf+ en dit gegee aan die priesters, die seuns van Levi,+ die draers van die ark van Jehovah se verbond,+ en aan al die ouer manne van Israel.
8 Later het die hoëpriester Hilkiʹa+ vir Safan,+ die sekretaris,+ gesê: “Ek het die wetboek+ in die huis van Jehovah gevind.” En Hilkiʹa het die boek aan Safan gegee, en hy het dit begin lees.
14 En terwyl hulle die geld+ uitgebring het wat na die huis van Jehovah gebring is, het die priester Hilkiʹa+ die boek+ van Jehovah se wet+ deur die hand van Moses+ gevind.