10 “En die getal van die kinders van Israel sal soos die sandkorrels van die see word, wat nie gemeet of getel kan word nie.+ En op die plek waar daar voorheen vir hulle gesê is: ‘Julle is nie my volk nie’,+ sal daar vir hulle gesê word: ‘Die kinders van die lewende God.’+
23 En ek sal haar beslis vir my soos saad op die aarde saai,+ en ek sal barmhartigheid bewys aan haar aan wie geen barmhartigheid bewys is nie,+ en ek sal vir dié wat nie my volk is nie, sê: “Julle is my volk”;+ en hulle sal sê: “U is my God.”’”+
11 Daarom vra ek: Het hulle gestruikel sodat hulle heeltemal geval het?+ Mag dit nooit gebeur nie! Maar deur hulle misstap+ is daar redding vir mense van die nasies,+ om hulle tot jaloesie op te wek.+
10 Want julle was eens nie ’n volk nie, maar is nou God se volk;+ julle was dié aan wie nie barmhartigheid bewys is nie, maar is nou dié aan wie barmhartigheid bewys is.+