9 Toe het sy gesê: “Ek sal vir seker saam met jou gaan. Die luisterryke eer sal nietemin nie joune word op die weg wat jy gaan nie, want Jehovah sal Siʹsera in die hand van ’n vrou+ verkoop.” Daarop het Deboʹra opgestaan en saam met Barak na Kedes+ gegaan.