2 En Jehovah jou God sal hulle beslis aan jou oorlewer, en jy moet hulle verslaan.+ Jy moet hulle vir seker aan vernietiging oorgee.+ Jy mag geen verbond met hulle sluit en geen guns aan hulle betoon nie.+
10 Die gees+ van Jehovah het toe op hom gekom, en hy het die rigter van Israel geword. Toe hy uittrek om oorlog te voer, het Jehovah Kuʹsan-Risataʹim, die koning van Sirië, in sy hand gegee sodat sy hand Kuʹsan-Risataʹim oorweldig het.+
14 Deboʹra het toe vir Barak gesê: “Staan op, want vandag sal Jehovah Siʹsera beslis in jou hand gee. Is dit nie Jehovah wat voor jou uitgetrek het nie?”+ En Barak het met tienduisend man agter hom aan teen die berg Tabor afgegaan.
8 Was die Etiopiërs+ en die Libiërs+ nie ’n baie groot krygsmag wat getalle, strydwaens en ruiters betref nie;+ en het Jehovah hulle nie in u hand gegee omdat u op hom gesteun het nie?+
17 Julle sal in hierdie geval nie hoef te veg nie.+ Neem stelling in, staan stil+ en sien die redding+ van Jehovah ten behoewe van julle. O Juda en Jerusalem, moenie bang of verskrik wees nie.+ Trek môre teen hulle uit, en Jehovah sal met julle wees.’”+