31 “En julle moet vir my heilige mense wees;+ en vleis in die veld wat deur ’n wilde dier verskeur is, mag julle nie eet nie.+ Julle moet dit vir die honde gooi.+
6 Want jy is ’n heilige volk vir Jehovah jou God.+ Vir jou het Jehovah jou God uitgekies om sy volk te word, ’n spesiale eiendom, uit al die volke wat op die oppervlak van die aarde is.+