27 En Jehovah sal julle beslis onder die volke verstrooi,+ en van julle sal daar inderdaad min oorbly+ onder die nasies waarheen Jehovah julle sal verdryf.
3 dan sal Jehovah jou God jou gevangenes terugbring+ en aan jou barmhartigheid bewys+ en jou weer bymekaarmaak uit al die volke waarheen Jehovah jou God jou verstrooi het.+
17 “Israel is ’n rondgejaagde skaap.+ Leeus het hom verdryf.+ In die eerste geval het die koning van Assiʹrië hom verslind,+ en in hierdie laaste geval het Nebukadreʹsar, die koning van Babilon, aan sy gebeente geknaag.+
14 ‘En ek het hulle soos deur ’n storm weggeslinger onder al die nasies+ wat hulle nie geken het nie;+ en die land is agter hulle woes gelaat, sonder dat iemand daar deurtrek en sonder dat iemand terugkeer;+ en hulle het die begeerlike land+ ’n voorwerp van verbasing gemaak.’”