Deuteronomium
4 “Luister dan nou, o Israel, na die voorskrifte en die regterlike beslissings wat ek julle leer om na te kom, sodat julle kan lewe+ en inderdaad kan ingaan en die land in besit kan neem wat Jehovah, die God van julle voorvaders, aan julle gee. 2 Julle mag niks byvoeg by die woord wat ek julle beveel nie, en ook mag julle niks daarvan wegneem nie,+ sodat julle die gebooie van Jehovah julle God kan onderhou wat ek julle beveel.
3 “Julle eie oë het gesien wat Jehovah in die geval van die Baäl van Peor+ gedoen het, dat elke man wat agter die Baäl van Peor aan geloop het, deur Jehovah jou God onder jou uit verdelg is.+ 4 Maar julle wat Jehovah julle God aankleef,+ lewe vandag nog almal. 5 Kyk, ek het julle voorskrifte+ en regterlike beslissings geleer,+ net soos Jehovah my God my beveel het, sodat julle so kan doen in die land waarheen julle gaan om dit in besit te neem. 6 En julle moet dit onderhou en dit nakom, want dit is wysheid+ en begrip+ van julle kant voor die oë van die volke wat van al hierdie voorskrifte sal hoor, en hulle sal beslis sê: ‘Hierdie groot nasie is ongetwyfeld ’n wyse volk met begrip.’+ 7 Want watter groot nasie+ het gode wat so naby hulle is soos Jehovah ons God elke keer wanneer ons hom aanroep?+ 8 En watter groot nasie het sulke regverdige voorskrifte en regterlike beslissings soos hierdie hele wet wat ek julle vandag voorhou?+
9 “Let op jouself en gee goed ag op jou siel,+ sodat jy nie die dinge vergeet wat jou oë gesien het nie+ en sodat dit al die dae van jou lewe nie uit jou hart wyk nie;+ en jy moet dit aan jou kinders en aan jou kleinkinders bekend maak,+ 10 die dag waarop jy voor Jehovah jou God in Horeb gestaan het,+ toe Jehovah vir my gesê het: ‘Laat die volk voor my bymekaarkom sodat ek hulle my woorde kan laat hoor,+ sodat hulle kan leer om my te vrees+ al die dae dat hulle op die aarde lewe en sodat hulle hulle kinders kan leer.’+
11 “Toe het julle nader gekom en aan die voet van die berg gaan staan, en die berg het met vuur gebrand tot in die middel van die hemel; daar was duisternis, wolke en dik donkerheid.+ 12 En Jehovah het uit die vuur met julle begin praat.+ Die geluid van woorde het julle gehoor, maar geen gedaante+ gesien nie—net ’n stem.+ 13 En hy het aan julle sy verbond meegedeel,+ wat hy julle beveel het om te doen, die Tien Woorde,+ waarna hy dit op twee kliptafels geskryf het.+ 14 En Jehovah het my in dié tyd beveel om julle voorskrifte en regterlike beslissings te leer, sodat julle dit kan nakom in die land waarheen julle oortrek om dit in besit te neem.+
15 “En julle moet goed op julle siel let,+ want julle het geen gedaante gesien+ op die dag toe Jehovah in Horeb uit die vuur met julle gepraat het nie, 16 sodat julle nie verderflik handel+ en werklik vir julle ’n gesnede beeld maak nie, die gedaante van enige simbool, die afbeelding van ’n man of ’n vrou,+ 17 die afbeelding van enige dier wat op die aarde is,+ die afbeelding van enige gevleuelde voël wat in die hemel vlieg,+ 18 die afbeelding van enigiets wat op die aarde kruip, die afbeelding van enige vis+ wat in die waters onder die aarde is; 19 en sodat jy jou oë nie na die hemel opslaan en inderdaad die son en die maan en die sterre, die hele leër van die hemel, sien en verlei word en jou voor hulle neerbuig en hulle dien nie,+ dinge wat Jehovah jou God aan al die volke onder die ganse hemel toebedeel het.+ 20 Maar Jehovah het júlle geneem sodat hy julle uit die ystersmeltoond,+ uit Egipte, kon uitlei, om vir hom ’n volk as sy persoonlike eiendom+ te word soos dit vandag is.
21 “En Jehovah het weens julle vertoornd geword op my,+ sodat hy gesweer het dat ek nie deur die Jordaan sou trek of die goeie land sou ingaan wat Jehovah jou God jou as ’n erfdeel gee nie.+ 22 Want ek sterf in hierdie land.+ Ek trek nie deur die Jordaan nie, maar julle trek daardeur, en julle moet hierdie goeie land in besit neem. 23 Let op julleself dat julle die verbond van Jehovah julle God wat hy met julle gesluit het,+ nie vergeet nie en dat julle vir julle geen gesnede beeld maak nie, die gedaante van enigiets waaromtrent Jehovah jou God jou beveel het.+ 24 Want Jehovah jou God is ’n verterende vuur,+ ’n God wat uitsluitlike toegewydheid eis.+
25 “As jy die vader word van kinders en kleinkinders en julle lank in die land gewoon het en verderflik handel+ en ’n gesnede beeld maak,+ ’n gedaante van enigiets, en kwaad doen in die oë van Jehovah jou God+ om hom aanstoot te gee, 26 dan neem ek vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle+ dat julle sekerlik gou uit die land sal vergaan waarheen julle deur die Jordaan trek om dit in besit te neem. Julle sal julle dae daarin nie verleng nie, want julle sal sekerlik verdelg word.+ 27 En Jehovah sal julle beslis onder die volke verstrooi,+ en van julle sal daar inderdaad min oorbly+ onder die nasies waarheen Jehovah julle sal verdryf. 28 En daar sal julle gode moet dien,+ die werk van mensehande, hout en klip,+ wat nie kan sien of hoor of eet of ruik nie.+
29 “As julle daarvandaan Jehovah jou God soek, sal jy hom beslis ook vind,+ want jy sal met jou hele hart en met jou hele siel na hom vra.+ 30 Wanneer jy in groot nood verkeer en al hierdie woorde jou aan die einde van die dae oorgekom het, dan sal jy tot Jehovah jou God moet terugkeer+ en na sy stem moet luister.+ 31 Want Jehovah jou God is ’n barmhartige God.+ Hy sal jou nie in die steek laat of jou verdelg of die verbond van jou voorvaders vergeet+ wat hy met ’n eed aan hulle bevestig het nie.
32 “Vra nou asseblief oor die vroeëre dae+ wat voor jou was, van die dag af dat God die mens op die aarde geskep het,+ van die een einde van die hemel tot by die ander einde van die hemel: Is iets so groots ooit tot stand gebring of is so iets ooit gehoor?+ 33 Het enige ander volk die stem van God uit die vuur hoor praat, soos jy dit gehoor het, en bly lewe?+ 34 Of het God probeer om vir hom ’n nasie onder ’n ander nasie uit te gaan neem met beproewinge,+ met tekens+ en met wonderwerke+ en met oorlog+ en met ’n sterk hand+ en met ’n uitgestrekte arm+ en met groot vreeswekkendheid,+ soos alles wat Jehovah julle God vir julle voor jou oë in Egipte gedoen het? 35 Jy—jy is dit getoon, sodat jy kan weet dat Jehovah die ware God is;+ daar is geen ander buiten hom nie.+ 36 Uit die hemel het hy jou sy stem laat hoor om jou tereg te wys; en op die aarde het hy jou sy groot vuur laat sien, en sy woorde het jy uit die vuur gehoor.+
37 “En tog lewe jy nog, omdat hy jou voorvaders liefgehad het sodat hy hulle saad ná hulle uitgekies het+ en jou voor sy oë met sy groot krag uit Egipte uitgelei het,+ 38 om nasies, groter en magtiger as jy, voor jou uit te verdryf, ten einde jou in te bring, om jou hulle land as ’n erfdeel te gee soos dit vandag is.+ 39 En jy weet vandag goed, en jy moet dit in jou hart terugroep, dat Jehovah die ware God is in die hemel daar bo en op die aarde hier onder.+ Daar is geen ander nie.+ 40 En jy moet sy voorskrifte+ en sy gebooie onderhou wat ek jou vandag beveel, sodat dit met jou en jou kinders ná jou goed mag gaan,+ en sodat jy jou dae mag verleng in die land wat Jehovah jou God aan jou gee,+ vir altyd.”
41 Toe het Moses drie stede afgesonder aan die kant van die Jordaan teen die sonsopgang,+ 42 waarheen die een kon vlug wat iemand doodmaak, wat sy naaste ombring sonder dat hy dit weet,+ terwyl hy hom voorheen nie gehaat het nie;+ en hy moet na een van hierdie stede vlug en lewe,+ 43 naamlik Beser+ in die wildernis op die hoogvlakte vir die Rubeniete, en Ramot+ in Giʹlead vir die Gadiete, en Golan+ in Basan vir die Manassiete.+
44 En dit is die wet+ wat Moses die kinders van Israel voorgehou het. 45 Dit is die getuienisse+ en die voorskrifte+ en die regterlike beslissings+ wat Moses die kinders van Israel meegedeel het by hulle uittog uit Egipte, 46 in die Jordaanstreek, in die vallei teenoor Bet-Peor,+ in die land van Sihon, die koning van die Amoriete, wat in Hesbon+ gewoon het, wat deur Moses en die kinders van Israel verslaan is by hulle uittog uit Egipte.+ 47 En hulle het sy land in besit geneem en die land van Og,+ die koning van Basan, die twee konings van die Amoriete wat in die Jordaanstreek teen die sonsopgang was, 48 van Aʹroër+ af, wat aan die oewer van die Arnonstroomvallei lê, tot by die berg Sijon, dit wil sê Hermon,+ 49 en die hele Aʹraba+ in die Jordaanstreek aan die oostekant, en tot by die see van die Aʹraba+ aan die voet van die hange van Pisga.+