34 En op die negende uur het Jesus met ’n harde stem uitgeroep: “Eli, Eli, lama sabagtaʹni?” wat, wanneer dit vertaal word, beteken: “My God, my God, waarom het u my verlaat?”+
7 In die dae van sy vlees het Christus smekinge en ook bedes+ met sterk+ uitroepe en trane aan die Een opgedra wat hom uit die dood kon red, en hy is weens sy godvrugtige vrees+ verhoor.