Psalms
Vir die musiekleier. Van Jehovah se kneg, van Dawid, wat die woorde van hierdie lied tot Jehovah gespreek het op die dag toe Jehovah hom uit die palm van al sy vyande en uit die hand van Saul verlos het.+ En hy het gesê:
18 Ek sal geneentheid vir u hê, o Jehovah, my sterkte.+
2 Jehovah is my groot rots en my vesting en die Een wat aan my ontkoming verskaf.+
My God is my rots. Tot hom sal ek my toevlug neem,+
My skild en my horing van redding, my veilige hoogte.+
6 In my benoudheid het ek Jehovah bly aanroep,
En tot my God het ek om hulp bly roep.+
Uit sy tempel het hy my stem gehoor,+
En my hulpgeroep voor hom het toe in sy ore gekom.+
7 En die aarde het begin skud en bewe,+
Ja, die fondamente van die berge het in beroering geraak,+
En hulle het heen en weer bly skud omdat hy vertoornd was.+
10 En hy het op ’n gerub aangery gekom en het aangevlieg gekom,+
En hy het op die vlerke van ’n gees+ aangesnel gekom.
13 En in die hemel het Jehovah begin donder,+
En die Allerhoogste het sy stem laat hoor,+
Hael en brandende vuurkole.
14 En hy het sy pyle bly uitstuur, om hulle te verstrooi;+
En weerligstrale het hy afgeskiet, om hulle in verwarring te bring.+
15 En die stroombeddings van die waters het sigbaar geword,+
En die fondamente van die vrugbare land is blootgelê+
Weens u bestrawwing, o Jehovah, weens die geblaas van die asem van u neusgate.+
18 Hulle het hulle teenoor my bly stel op die dag van my ongeluk,+
Maar Jehovah het my steun geword.+
24 En laat Jehovah my vergeld volgens my regverdigheid,+
Volgens die reinheid van my hande voor sy oë.+
25 Met iemand wat lojaal is, sal u lojaal handel;+
Met die onberispelike man sal u onberispelik handel;+
26 Teenoor die een wat rein bly, sal u u rein betoon;+
En teenoor die verdorwene sal u u verdraaid betoon;+
27 Want u sal die geteisterde volk red;+
Maar u sal die hoogmoedige oë verneder.+
30 Wat die ware God betref, volmaak is sy weg;+
Die woord van Jehovah is gelouter.+
’n Skild is hy vir almal wat hulle toevlug tot hom neem.+
32 Die ware God is die Een wat my styf omgord met lewenskragtigheid,+
En hy sal gee dat my weg volmaak is,+
33 Deur my voete soos dié van die takbokooie te maak,+
En op plekke wat vir my hoog is, hou hy my staande.+
35 En u sal my u skild van redding gee,+
En u regterhand sal my onderskraag,+
En u nederigheid sal my groot maak.+
37 Ek sal my vyande agtervolg en hulle inhaal;
En ek sal nie terugkeer voordat hulle uitgeroei is nie.+
39 En u sal my met lewenskragtigheid omgord vir oorlogvoering;
U sal dié wat teen my opstaan, onder my laat inmekaarsak.+
40 En wat my vyande betref, u sal my beslis die agterkant van hulle nek gee;+
En wat dié betref wat my intens haat, ek sal hulle tot swye bring.+
42 En ek sal hulle fynstamp soos stof voor die wind;+
Soos die modder van die strate sal ek hulle uitgooi.+
43 U sal aan my ontkoming verskaf van die foutvindery van die volk.+
U sal my as hoof van die nasies aanstel.+
’n Volk wat ek nie geken het nie—hulle sal my dien.+