14 Want die woontoring is verlate,+ die stadsgewoel het uitgesterf; Ofel+ en die wagtoring het kaal velde geword, vir onbepaalde tyd die vreugde van sebras, die weiveld van kuddes;
15 Teen hom brul jong maanhaarleeus;+ hulle het hulle stem laat hoor.+ En hulle het sy land ’n voorwerp van verbasing gemaak. Sy stede is aan die brand gesteek, sodat daar geen inwoner is nie.+
12 Daarom sal Sion weens julle soos ’n land omgeploeg word, en Jerusalem sal puinhope word,+ en die berg van die huis sal soos die hoogtes van ’n woud wees.