8 Hy sal die dood vir ewig verswelg,+ en die Soewereine Heer Jehovah sal beslis die trane van alle gesigte afvee.+ En die smaad van sy volk sal hy van die hele aarde af wegneem,+ want Jehovah het dit gespreek.
19 “U dooies sal lewe.+ My lyke—hulle sal opstaan.+ Word wakker en roep met vreugde uit, julle wat in die stof woon!+ Want u dou+ is soos die dou van kiesieblare,+ en die aarde sal selfs dié wat magteloos is in die dood, voortbring soos by ’n geboorte.+
12 En ek het die dooies, groot en klein,+ voor die troon sien staan, en boekrolle is oopgemaak. Maar ’n ander boekrol is oopgemaak; dit is die boekrol van die lewe.+ En die dooies is geoordeel na dié dinge wat in die boekrolle geskrywe staan, volgens hulle dade.+