23 hierdie man, wat volgens die vasgestelde voorneme en voorkennis van God oorgelewer is,+ het julle deur die hand van wettelose mense aan ’n paal vasgemaak en om die lewe gebring.+
39 En ons is getuies van alles wat hy in die land van die Jode sowel as in Jerusalem gedoen het; maar hulle het hom ook om die lewe gebring deur hom aan ’n paal te hang.+
13 Christus het ons losgekoop+ van die vloek van die Wet deur in ons plek ’n vloek te word,+ want daar staan geskrywe: “Vervloek is elkeen wat aan ’n paal gehang is.”+
24 Hy het ons sondes+ in sy eie liggaam aan die paal gedra,+ sodat ons met sondes klaar kan wees+ en vir regverdigheid kan lewe. En “deur sy wonde is julle genees”.+