-
Genesis 22:16-18Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
16 en gesê: “‘Ek sweer by myself,’ sê Jehovah,+ ‘omdat jy hierdie ding gedoen het en jou seun, jou enigste seun, nie teruggehou het nie,+ 17 sal ek jou beslis seën en jou nageslag* beslis vermeerder soos die sterre van die hemel en soos die sandkorrels op die strand.+ En jou nageslag* sal die stede* van sy vyande in besit neem.+ 18 En deur middel van jou nageslag*+ sal al die nasies van die aarde ’n seën vir hulleself verkry omdat jy na my stem geluister het.’”+
-