3 Toe het Moses vir die volk gesê: “Onthou hierdie dag waarop julle uit Egipte,+ uit die huis van slawerny, uitgegaan het, want Jehovah het julle met ’n magtige hand hiervandaan uitgelei.+ Daarom mag niks geëet word wat met suurdeeg gemaak is nie.
6 Hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees, 7 en jy moet dit vir jou kinders herhaal*+ en daaroor praat wanneer jy in jou huis sit en wanneer jy op die pad loop en wanneer jy gaan lê en wanneer jy opstaan.+