-
Hebreërs 9:13, 14Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
13 Die bloed van bokke en bulle+ en die as van ’n jong koei word op onrein mense gesprinkel om hulle liggame* te reinig en te heilig.+ 14 Maar die bloed van die Christus doen soveel meer!+ Hy het homself deur middel van die ewige heilige gees as ’n onbesmette offer vir God aangebied, en dit reinig ons gewetens van dooie werke+ sodat ons heilige diens vir die lewende God kan doen.+
-
-
Hebreërs 10:2Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
2 Anders sou offerandes mos nie meer gebring word nie, want dié wat heilige diens doen en eenmaal gereinig is, sou nie meer van sondes bewus wees nie.
-